Fairtale The BCBF waggles
The Stories, the People and the Magic of BCBF

Is There Something in the Air? (Afrikaans)

The children's rhyme by Roberto Piumini translated into Afrikaans

  |   TOPICS: Translators
post image
Subscribe to our newsletter

Get the latest updates in your inbox and sign up for more info!

Share this article

The children’s rhyme about the coronavirus Is There Something in the Air? (Che cos’è che in aria vola?), written by Roberto Piumini, one of Italy’s most beloved children’s authors, has been translated into Afrikaans by Bruno F.A. Andries.

Bruno F.A. Andries: born in Duffel (Belgium) on 16 June, 1960. Sworn Translator of the High Court of South Africa (French, Dutch, Afrikaans & German). Accredited Professional Translator (SATI). Senior Translator at Eskom Language Services from 1982 to 1999. 1998: Editorial Manager of the Eskom Dictionary for the Electricity Supply Industry (Afrikaans ↔ English). Freelance sworn translator at Bruno Andries Language Consultancy since 2000. Poet & songwriter (lyricist): lyrics recorded in English, French and Afrikaans by Karen Zoid, Helena Hettema, Die Jaloersbokkies and Maritza. Translated Une année à la ferme (Françoise le Gloahec) from French into English: Four Seasons on the Farm (Fantasi Publishers, 2011). Author of 13 children’s stories in Afrikaans, read out in 2018 on RSG (nationwide Afrikaans radio station). 

author post image
Wat is die ding bo in die lug?
Kan dit vlieg? Vertel my hoe!
Wanneer kom my juffrou terug?
Hoekom is die skool dan toe?
Hierdie virus dra ‘n kroon,
maar dis beslis geen koning.
Dit is geen mens of geen persoon,
vertel my, wat is hierdie ding? 
Is dit 'n monstertjie miskien?
Dit is so klein dat jy,
as jy dit dalk wil sien,
'n mikroskoop moet kry. 
Die gogga reis na elke land,
wil nêrens stil bly staan.
Dis ‘n baie stoute kalant,
wat orals heen wil gaan.
Hy loop onsigbaar in die straat
baie gevaarlik en nie bang.
Nes ‘n gewapende soldaat,
probeer hy skelmpies mense vang. 
Maar al die mense het besluit:
as ons slim is, ek en jy,
roei ons daardie gogga uit
en is ons binnekort weer vry.
As jy moet nies: atsjoe,
hou jou arm voor jou mond.
Sluit die klein derduiwel toe,
as ons dit doen bly ons gesond. 
As jy terugkom by die huis,
was jou hande elke keer.
As jy siek voel, bly dan tuis
en was jou hande môre weer. 
Die gogga is sleg en vuil, sies,
was mooi met seep en water.
En as die kiem dalk daar is,
spoel jy hom weg ou mater.
Laat ma en pa ook hande was,
as hulle van die dorp terugkom.
Sê “pappa dis nou eersteklas”
en pluk vir mamma ‘n mooi blom.
Hou asseblief jou vingers weg
van jou mond, jou neus en oë.
As jy gesond is, is dit reg,
maar nou is dit beter so. 
As jy op straat iemand ontmoet,
bly op ‘n veilige afstand.
Jy kan hulle vriendelik groet
met ‘n glimlag pleks van die hand. 
Geen soene of drukkies, nee
want dit versprei die virus.
Moenie soen of ‘n drukkie gee
solank die kiem nog hier is.
As iemand dalk ‘n masker dra,
dis nie vir Karnaval nie,
Dis geen rower wat geld gaan vra
of wat jou gaan seermaak nie. 
Die masker sit ons oor die mond
om die nies en hoes te keer.
So bly ons almal mooi gesond
en hou die gogga in beheer. 
Ja daardie kiem is stout en sleg
en sluip stil-stil rond soos ‘n luis.
My maatjie, om teen hom te veg
bly ons nou veilig by die huis.
Die slegte kiem vlieg orals rond,
so dit is julle werk en taak:
Was jou hande en bly gesond.
tot die skool weer oop sal maak, 
En jou familie en maatjies
kan jy hoor en sien op die foon.
Jy kan luister  na hul praatjies;
dit maak nie saak waar hulle woon.
As julle lief is vir mekaar
moenie naby iemand sit nie.
Speel en praat dit mag jy maar,
moenie iemand soen of druk nie.
Woorde is geskenke van bo,
dit is saadjies wat jy kan plant.
Woorde bring hoop, dit kan jy glo,
kom ons saai liefde in die land.
Ek en jy is mos verstandig,
ons moet teen die ou skelm saamstaan.
Kom ons wees almal versigtig,
dan sal ons hom gou kan verslaan.
Gaan ons slim wees? Dit is die vraag.
As ons almal doen wat ons moet,
dan sal ons hierdie toets kan slaag,
dan word die lewe mooi en goed.
Roberto Piumini
Picture: Giovanna Scalfati

BCBFFIT
AITI
CEATL
STRADE

 

Share this article
Helena Hettema reads "Is there Something in the Air?" in Afrikaans

Related Post